SHOWING ARTICLE 4 OF 6

Baaienaar bobaas agent

Category South Africa

Baaienaar bobaas agent by RE/MAX. PORT ELIZABETH. - Na 16 jaar as rekenmeester het Talana Foot nooit gedink sy sou self die syfers kon laat styg nie - tot sy as die top RE/MAX-eiendomsagent in Suid-Afrika aangewys is. Foot, wat tot 2011 balansstate vir huise verruil het, is as RE/MAX se verkoopsagent van die jaar vir 2013 aangewys - en daarmee het sy self agente van Kaapstad en Johannesburg uitgestof. "Ek is lief vir die Baai en vir mense, en ek dink dit wys in my werk." Het Foot gesé, wat verlede jaar 'n koel R42 miljoen in verkope vir RE/MAX Lorraine gewin het. "As ek 'n belofte maak, doen ek alles in my vermoë om dit na te kom - dalk omdat rekeningkunde my geleer het van dissipline". Haar verhouding met banke het ook handig te pas gekom - veral met die sukkelende ekonomie. "As jy die banke se kriteria verstaan, is dit makliker om vir kliënte die beste raad en inligting te gee," het Foot gesé. "Op dié manier kry hulle die beste waarde vir hul geld". Sy is nie net bemoeid met verkope nie, het Foot vertel. "Ek behandel al my kliënte dieselfde, ongeag hoeveel geld hulle het. Ek is nie bang om vir hulle te sê wat hulle moet weet nie, eerder as om net te sê wat hulle wil hoor".

Author: Odette Kemp

Submitted 29 Apr 21 / Views 1518